Loopbane
Verskillende lewensfases lei soms tot verskilende keuses en beroepe in ‘n loopbaan.
Dit is onnodig om gedurende enige loopbaanfase vasgevang te voel en nie die nodige stappe te neem om ‘n roeping, inspirasie of droom te volg nie.
Dit maak beroepsielkunde so ‘n belangrike proses.

Loopbaan beplanning verskaf die toerusting en kennis om skuiwe te maak op die regte tyd met die nodige geestelike inspirasie.
Self ontwikkeling help mens om saam met die tye te bly verander, op datum te bly met tegnologie en sodoende bemarkbaar te bly in enige ekonomiese klimaat en seisoen.
Dit is altyd die regte tyd om ‘n graad, ‘n eie besigheid of enige ander inspirasie te volg en te begin waaroor gedroom word.
Die pad na persoonlike sukses is om daardie eerste stap te kan neem met die nodige selfvertroue.
Verskonings stel soms ‘n meer vervulde lewe uit.
Om volheid te lewe is om te aanvaar wat jy is, waar jy is, hoe jy daar gekom het, emosionele bagasie agter te laat en nuwe bewuste keuses te begin maak in die rigting of manier wat graag geleef of ervaar wil word.
Dit is belangrik om te bly droom en geinspireerd te bly.
Finansiële sukses, gesonde eie waardes, emosionele volwassenheid en geestelike gesondheid is alles dinge waarmee ons almal ons kan vereenselwig en is balangrik wanneer loopbaankeuses gemaak word.
Die grootste beperkings, is gewoonlik die wat ons op onsself plaas.
Die volgende dienste is beskikbaar om kanse tot sukses te verbeter:
- Loopbaan toetsing, talentontwikkeling en beroepsielkunde
- Persoonlikheids en verhoudings analises
- Werknemers- en werkgewers geestes gesondhied in die werksomgewing- vermindering van angs, finansiële vrese tydens afdankings, hulp met die verwerking van emosionele trauma ens.
- Onderwysers, terapeute, beraders benodig ook soms motivering – druk gerus hier vir meer inligting
- Entrepreneurs inspirasie en opleiding – druk gerus hier vir meer inligting
Privaat konsultasies en groepsessies is aanlyn & of in persoon beskikbaar.
~ Lewe voluit en leef jou droom ~
