Meer oor


Welkom by hiedie webwerf!

Karin Nolte is passievol oor loopbaansielkunde.

Sy kom met uitmuntende ondervinding uit die besigheidswêreld, en is al jare lank aktief besig in die bedryfs en organisasie sielkundige veld. Sy dien ook in die Christelike beradingsveld.

Sy het al meer as 1500 in-persoon en aanlyntoetse en terugvoerings sessies gedoen.

Sy het ook al ‘n wonderlike geleentheid gehad om in die buiteland met minder bevooregte en gestremde kinders te kon werk.

Sy het selfs insae gehad in die ontwikkeling van Solidatirteit se loopbaankompas webwerf.

Dit is vir haar ‘n groot inspirasie om mense by te staan om hul drome, belangstellings en lewensaspirasies te volg asook daardie ingebore geestelike gawes te ontwikkel. Sy beskik ook oor die nodige vaardigheid om ook te help met die proses van selfverwesenliking.

Dit is altyd raadsaam om van tyd tot tyd professionele bystand te ontvang.

Navorsing het reeds bewys dat slegs 20% van meeste mense hulle volle potensiaal bereik en hul toekomsdrome verwesenlik soos oorspronklik deur die Skepper beplan is.

Karin beskik oor ‘n honeursgraad in bedryfs en organisasie sielkunde, met loopbaansielkunde as hoof- en onderskeidingsvak, ‘n graad in rekeningkunde, ‘n internasionale besigheidsbestuurs diploma en ‘n nagraadse diploma in die teorie van rekeningkunde. Sy is tans besig met verdere studies in bedryfsielkunde.

Sy neem ook waar dat die persepsie oor swaarkry oor die langduur soms ‘n gewoonte word, maar dat dit wel moontlik is om werklik vry te kan wees as hierdie doring uit die vlees verwyder word. Baie mense is soms banger vir die dood as om lewensveranderings te maak wat hulle nader aan hulle sielsroepening bring. Om jou Geestelike “self” te vind neem tyd, geduld en baie liefde, maar is altyd op die ou einde die moeite werd, want dit is tog lekker om terug te kan staan en jou eie groot skeppingswerk of kunswerk te aanskou.

Om die vryheid in Gees te ervaar en ‘n roeping te mag volg is ‘n ware voorreg. Dis gewoonlik waar sielskreatiwiteit, vryheid in tyd en sielsvreugde jou weg begin bepaal.

~ Met die liefde en ‘n lied in jou hart sal jy wel jou lewenspassie vind en leef ~

Matteus 13:44

(44) “Met die koningkryk van die hemel gaan dit soos met ‘n skat wat in ‘n saailand onder die grond lê. As iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie grond.”(Afr.1986)

~ Volg jou roeping, lewe lig, lewe voluit en leef jou droom ~