Winkel

Bespreek gerus ‘n private(in-persoon), aanlyn of groepsessie vir enige van die ondergenoemde loopbaanfases:

Die proses van selfverwesenliking mag soms jare lank neem. Hier kry Juniors die kans om sommer vroeg-vroeg in hulle lewe die vrugte van self-aanvaarding, self-erkenning en self-liefde te pluk.

Tussen 1-2 sessies word benodig om die proses te voltooi.

~ *** ~

Dis lekker om jonk te wees! Hier kry tieners die geleentheid om ingeligte beroepskeuses te maak.

Alle skakels vir aanlyn en in-persoon sessies word reeds voor afsprake voltooi en deur ons ontleed,dit verseker dat elke sessie optimaal benut kan word.

Gewoonlik is 2 sessies van 1 uur lank aanlyn of `n 3 ure groepsessie genoeg om deur meeste van die programme te werk.

Soms voel tieners hulle wil afsprake maak om oor sekere onderwerpe te gesels. Dit kan onder privaat sessies bespreek word.

***

Hier is hulp vir daardie “toevalLIGge” seisoensveranderinge wat soms in die wêreld van “werk” plaasvind, wat help met persoonlike ontwikkeling en groei.

Loopbaansielkunde verleen hulp om loopbane in rigtings te stuur en te verander wat persone inspireer.

Talentvolle persone voel soms of die denkbeeldige sirkels rondom hulle te nou getrek word en sodoende hulle kreatiwiteit versmoor asook hulle vryheid inperk.

***

Hierdie loopbaaninspirasie projek is spesiaal vir Senior persone ontwikkel wat reeds die kennis van goed en kwaad bemeester het, maar soms voel asof hulle nog ietsie meer uit die lewe wil put.

Veilige en maklike aanlyn betalingsopsies met Pay Fast:

(neem asb kennis dat geen registrasie of eie payfast rekening nodig is om betalings hier te kan maak maak – slegs ‘n geldige debiet of krediet kaart word benodig)

Tiener Pakket

Die koste verbonde aan ‘n volledige Tiener Pakket is R2000. Dit sluit 2 aanlyn of in persoon terugvoer sessies van 60 minute lank in, die aanlyn skakels wat voor die sessies voltooi word, asook ‘n verslag:

Persoonlike Sessies

Privaat Sessies

Die koste verbonde vir volwassenes beloop R1500 per sessie van 60 minute lank.

Die koste verbonde vir seniors beloop R1000 per sessie van 60 minute lank.

Kontak ons gerus vir bankbesonderhed vir direkte bank betalingsmetodes.(EFT)