Tieners

…en jong volwassenes

Die lewe maak soms snaakse draaie en loop ook vreemde paaie. Dit kan amper vergelyk word met ‘n ontdekkingsreis, waar vasgestel moet word, wat jy reeds het vir die reis, wat verder ontwikkel moet word, watter ervarings saamgevat en watter agterlaat kan word. Sommige mense dien as ondersteuners, ander weer as rigtingaanwysers op hierdie wonderlike reis. Die toekoms is iets wat met die nodige vreugde van binne-af toegelaat word om te ontvou.

Dit is belangrik om die beste metode te volg tydens so ‘n keuseproses, asook te op te let watter tipe persoonlikheid en karakter benodig word vir rol, tydens loopbaanfases.

Ons het almal ‘n gelyke kans om suksesvol te wees en die beste lewensstorie vir onsself te leer skryf en te kan uitleef.

Sukses is relatief tot elke persoon se eie persepsie, die opinies van ander is nie werklik belangrik nie. Die besef van eie waarde verander wel mens se begrip oor sukses en perspektief dienooreenkomstig.

Elke persoon vorm ‘n persepsie van ‘n self tydens die ouderdom van 0 tot 9 met die hulp van ouers, onderwysers, familie, vriende ens. Tydens die ouderdom van ongeveer 10 tot 19 jaar oud besef die persoon dis ‘n gemodelleerde self en begin soms te rebelleer teen die “valse/skadu-self”.

Teen ongeveer die ouderdom 25 jaar oud is ‘n persoon gereed om na ‘n meer volwasse fase toe te beweeg.

Dit is dus ‘n belangrike proses om tydens die tienerfase kunsmatige mure van ‘n “valse skadu-self” te integreer, nuwe gesonde eie waarde sisteme op te bou, en denkbeeldige emosionele grense te verstaan wat dan vanselfsprekend lei tot hoër waarde realisasie en gesonde integriteit.

Elke persoon het verskeie rolle om te vertolk totdat die outentieke self gereed is om daardie unieke stempel op die lewe te plaas.

Toekomsdrome dien as inspirasie om lewensaspirasies te vervul. Ander of tweede beste keuses sal altyd aan die siel bly knaag totdat volwaardige lewenskeuses gemaak word en die gevoel van ‘n doel of roeping gevolg word. Dit is dus belangrik om vroegtydig professionele hulp te ontvang.

Die volgende opsies is in persoon, aanlyn en groepe beskikbaar: