Leef jou droom

Oorkom die vrese van oorlewing en voorkom stagnering deur die verskeie seisoene van die lewe.

Al voel dit soms of die buite-wêreld in rigtings wil ingaan wat nie altyd gemaklik voel nie, is dit steeds nodig om te vertrou dat jou hart se ingebore kompas die pas sal bepaal.

Baie keer bly mense slegs vir finansiële redes en/of sekuriteits oorwegings in sekere beroepe, sonder om dit te waag om hulle sielsroeping te gehoorsaam of te volg.

Indien mens ongelukkig of onvervuld voel in jou werk, is daar gewoonlik iets anders wat mens reeds wil doen of ervaar.

Loopbaansielkunde verleen hulp om loopbane in die rigtings te verander wat jou weer inspireer en nader aan jou sielsroeping bring.

Begaafde persone voel maklik of die sirkels rondom hulle te nou getrek word en dan hulle kreatiwiteit versmoor en vryheid inperk.

Volg die roeping wat jou na vrede en tot vervulling kan bring…

Hier is ook hulp met:

  • Ontrafeling van kondisionering
  • Droom-groot ontwerpe
  • Esteties outentiek te wees
  • Dinge vertoon soms beter op die grootskerm
  • Vind jou siel tussen die stiltes van jou gedagtes
  • Lees die skrif teen die mure van jou hart

~ dit is ‘n voorreg indien jou inkomste vanuit ‘n bron van geluk en inspirasie voortspruit ~