Die Proses
Loopbaan beplanning en loopbaan ontwikkeling is ‘n lewenslange proses wat uit vyf stappe bestaan:
- om die “self” beter te leer ken
- om die “self” te aanvaar
- loopbaan passies en strewes te ontdek
- loopbaan opsies te ondersoek en te eksploreer
- loopbaan keuses te maak met die fokus op die grootste droom van die “self” en die toekoms
Loopbaansielkunde behels die voltooing van sielkundige toetse en ander baie interessante oefeninge wat onleed word sodat die beste moontlike loopbaankeuses gemaak kan word.
Sommiges sien die wêreld van werk as ‘n plig of ‘n middel tot ‘n doel, soos om byvoorbeeld ‘n inkomste te verdien, of om net te oorleef, of soms selfs ‘n bietjie gemaklik te kan leef en vir die toekoms te beplan.
Wat ook al jou toekomsdrome is, hopenlik is dit jou missie om jou passie te ontdek, jou roeping te volg en jouself voluit uit te leef in die wêreld van “werk”.
Maak seker jy los jou heel beste afdruk op die lewe vir jouself, die mense vir wie jy omgee, lief het, en bowenal die Skepper.
Dit is nou die regte tyd om jou toekomsdrome te verwesenlik.
Hier is hulp vir:

~ Elkeen van ons het ‘n gelyke kans tot sukses ~
