Juniors
Dit is altyd die regte tyd om die saadtjies te begin saai vir suksesvolle toekomsdrome.

Vanaf 0 tot 7jaar oud is die brein soos ‘n spons vir die denke, voorbeelde en emosies van ouers, familie, onderwysers, vriende ens. Teen die ouderdom van 9 jaar oud is die voorbeelde soms geintergeer as ‘n “valse” beeld van ‘n gemodelleerde self. Met professionele hulp kan die “ware” self herbou en emosioneel herstel word in ‘n gesonde self-beeld wat gebalanseerd kan inpas in die samelewing.
Gee jou kind vandag die geskenk om onvoorwaardelike self-liefde te kan ontdek en te aanvaar, dit is iets wat die buite wêreld se vals beelde selde sal kan bied.

Emosionele afkraking is ‘n werklikheid in sommige ouer-kind of ander outoriteits verhoudinge en plaas ‘n groot demper op die groei (self ontwikkeling en selfvertroue) van ‘n kind.
Teistering deur sommige maats, volwassenes en sekere omstandighede kan ook soms tot emosionele afplatting, inkrimping of afstomping lei.
Drome kan vertroetel word met die nodige vertroue, sodat dit deur inspirasie mag ontvou in die mooiste toekomsdrome.
Ons kan nie altyd die verlede verander nie, maar ons kan almal begin om saam te droom oor ‘n beter toekoms vir alle kinders.
Die volgende word onder meer hanteer:
a. 5 stappe in die begrip van self-liefde
b. 5 stappe in die proses van self-aanvaarding
Dis ook belangrik om te onthou dat sommige kinders met hulle “eie sakkie sout” kom, dit wat hulle graag sal wil hanteer op ‘n bepaalde tyd in die lewe.

~ Dit is ‘n groot voorreg om werklik kind te kan wees… ~