Die Proses
Loopbaan beplanning en loopbaan ontwikkeling is ‘n lewenslange proses wat uit vyf stappe bestaan:
- om die “self” beter te leer ken
- om die “self” te aanvaar
- loopbaan opsies te ondersoek
- loopbaansielkunde te gebruik om ‘n roeping vind en te volg
- loopbaan keuses te maak met die fokus op ‘n droom en ‘n passie begeesterd te kan leef
Loopbaansielkunde behels die voltooing van sielkundige toetse en ander baie interessante oefeninge wat onleed word sodat die beste moontlike loopbaankeuses gemaak kan word.
Ons almal sien die wêreld van werk anders, dit kan voel soos ‘n plig of ‘n middel tot ‘n doel, iets waarin mens jouself kan uitleef, ‘n inkomste verdien ens.
Wat ook al jou toekomsdrome is, hopenlik is dit jou missie om jou drome te koester, ‘n sielsroeping te volg en jou passie te leef soos dit oorspronklik deur jou gees beplan is.
Loopbaansielkunde is ‘n praktiese manier om seker te maak al die boustene in plek val soos wat jou drome ontwikkel.
Dit is moontlik om jou droom se afdruk op die lewe vir jouself, die mense vir wie jy omgee, lief het, en bowenal die Skepper.
Dit is altyd die regte tyd, regte plek, die hele tyd om drome te verwesenlik.
Hier is hulp vir:

~ Elkeen van ons het ‘n gelyke kans tot sukses ~
