Winkel

Bespreek gerus ‘n private(in-persoon), aanlyn of groepsessie vir enige van die ondergenoemde loopbaanfases:

Die proses van selfverwesenliking mag soms jare lank neem. Hier kry Juniors die kans om sommer vroeg-vroeg in hulle lewe die vrugte van self-aanvaarding, self-erkenning en self-liefde te pluk.

Tussen 1-2 sessies word benodig om die proses te voltooi.

~ *** ~

Dis lekker om jonk te wees! Hier kry tieners die geleentheid om ingeligte beroepskeuses te maak.

Alle skakels vir aanlyn en in-persoon sessies word reeds voor afsprake voltooi en deur ons ontleed,dit verseker dat elke sessie optimaal benut kan word.

Gewoonlik is 2 sessies van 1 uur lank aanlyn of `n 3 ure groepsessie genoeg om deur meeste van die programme te werk.

Soms voel tieners hulle wil afsprake maak om oor sekere onderwerpe te gesels. Dit kan onder privaat sessies bespreek word.

***

Hier is hulp vir daardie “toe-VAL-lig-ge” seisoens veranderinge wat soms in die wêreld van “werk” plaasvind, wat help met persoonlike ontwikkeling en groei.

Loopbaansielkunde verleen hulp om loopbane in die rigtings te verander wat inspireer.

Talentvolle persone voel soms of die sirkels rondom hulle te nou getrek word en sodoende hulle kreatiwiteit versmoor en vryheid inperk.

***

Hierdie loopbaaninspirasie projek is spesiaal vir Senior persone ontwikkel wat reeds die kennis van goed en kwaad bemeester het, maar soms voel asof hulle nog ietsie meer uit die lewe wil put.

Veilige en maklike aanlyn betalingsopsie met Payfast:

(neem asb kennis dat geen registrasie of eie payfast rekening nodig is nie – slegs ‘n geldige debiet of krediet kaart)

Tiener Pakket

Die koste verbonde aan ‘n volledige Tiener Pakket is R3000. Dit sluit 2 x aanlyn terugvoer sessies van 60 minute lank in, die aanlyn skakels wat voor die sessies voltooi word sodat dit behoorlik ontleed kan word, asook ‘n verslag:

Persoonlike Sessies

Privaat Sessies

Die koste verbonde aan ‘n volwasseness of seniors beloop R1500 per sessie vir 60 minute lank.

Kontak ons gerus vir bankbesonderhed vir direkte bank betalingsmetodes.(EFT)